Click here for English page
Wat is Pienkvoet-Pret?
Pienkvoet-Pret bied heerlike en omvattende stimulasie klasse aan wat jou kind se algehele
ontwikkeling stimuleer.
Die klasse word in die volgende 4 groepe ingedeel om te verseker dat ouderdom spesifieke mylpale
bereik word:
- 3 - 6 maande
- 7 - 12 maande
- 13 - 21 maande
- 22 - 36 maande
Wat maak Pienkvoet-Pret so spesiaal?
Pienkvoet-Pret bied die afgelope 10 jaar al uitstekende Afrikaanse mamma-en-baba/kleuter
ontwikkelings- & stimuleringsklasse aan.
Die aandag, liefde en sorg wat elke ‘franchisee’ aan haar ouers en kinders bied, maak van Pienkvoet-
Pret ‘n baie prettige en besonderse afspraak.
Ons doel is nie net om kinders te stimuleer nie, maar ook om ‘n spesiale tyd te skep waartydens
mamma en baba al spelende nader aan mekaar groei. So leer hul mekaar dus beter ken en verstaan.
Mammas kan nie wag vir hul weeklikse klasse waartydens hulle kan deel in die opwinding en pret
van hul kinders se ontwikkeling en groei nie.
Babas kry ook die geleentheid om in ‘n veilige en vriendelike omgewing met ander kinders van hul
ouderdomsgroep te sosialiseer. Die klasse vorm ook ‘n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir
ma’s. Na elke uurlange klas geniet die mammas verversings terwyl die kinders buite aktiwiteite met
hul “Pienkvoet-Pret maatjies” geniet.
Wat doen ons by Pienkvoet-Pret?
Mamma woon saam met baba/kleuter weekliks ‘n uur en ‘n half klas by. Elke les sluit die volgende
pret aktiwiteite en oefeninge in om spesifieke vaardighede aan te leer en te bemeester:
- Groot en fyn motoriese aktiwiteite
- Perseptuele en intellektuele aktiwiteite
- Sensoriese bewustheid
- Musiek en beweging
- Spraak- en taalontwikkeling
- Luistervaardighede
- Rympies & liedjies
- Mors aktiwiteite
- Inleiding tot boeke en die kweek van liefde vir boeke
- Baba massering (3-6 maande)
- Storie tyd & kuns aktiwiteite vir die peuters
- Vryspel met ‘n verskeidenheid opvoedkundige speelgoed (Binne)
- Vryspel met ‘n verskeidenheid speelgoed en apparate vir buite aktiwiteite
(klim & klouter apparaat, sandput, hindernisbane ens.)
- Sosiale ontwikkeling vir kinders en ‘n sterk ondersteunings- netwerk vir ma's
- Maandelikse sprekers om ma’s se bekommernisse/vrae aan te spreek en om inligting te verskaf
Die eerste klas is gratis! Bring jou kosbare kleinding en kom vind vir jouself uit wat die Pienkvoet-
Pret familie so spesiaal maak.
Die eerste klas is gratis! Kom vind vir jouself uit wat die Pienkvoet-Pret familie so spesiaal maak.
Gestremde kinders welkom by enige van ons franchises!
Pienkvoet-Pret Takke
|
Centurion
Helet: 083 263 8426
Constantia Park / Moreleta Park
Diana: 082 370 5756
Faerie Glen
Marina: 082 337 8668
Garsfontein
Maryna: 082 712 0293
Mooikloof
Stephanie: 072 203 4951
Moot/ Queenswood
Corné: 082 875 5485
Silver Lakes
Rhona: 082 718 2399
Wapadrand
(Afrikaans and English Classes)
Kika: 072 899 4311
Roodepoort
Sonné: 083 215 6997
Bryanston \ Sandton \ Randburg (Afr & Eng Classes):
Madelein 083 256 1942(Gestremde kinders welkom)
Langebaan
Geraldine: 076 158 2903 |
Kempton Park\Bredell\Benoni\Boksburg:
Thea: 082 414 3390
Upington
Renate: 082 822 9861
Durbanville
Azel: 082 785 0569
Langebaan:
Geraldine 076 158 2903
Paarl
Alet: 084 663 1565
Stellenbosch
Matti: 082 431 9469
Worcester
Ilze: 082 352 2855
Upington
Renate: 082 822 9861
Anelia Prinsloo
Cell: 082 214 1987
Tel: 012 809 2418
Click here to email Pienkvoet-Pret
|

Vir meer inligting besoek gerus ons webwerf by www.pienkvoetpret.co.za
|